Elandrie Steenkamp

Hoërskool Diamantveld

Ouderdom

18

Skool

Hoërskool Diamantveld

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die rok is in my oë ñ koninklike skepping; ryk aan tekstuur, vol beweging en tydlose elegansie. Met elke beweging vang die lig verskeie skakerings van saffierblou vas en laat dit my dink aan golwe wat dans in die maanlig. Die ontwerp se vouwerk teen die bors van die korset, komplimenteer die halslyn pragtig en die gedrapeerde detail by my heup skep ñ goeie balans tussen struktuur en vroulike sagtheid. Tesame skep dit ñ volmaakte prentjie wat my unieke figuur komplimenteer en ñ klassieke silhoeët laat uitstaan.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Soos enige jong meisie het ek gesoek na inspirasie op Pinterest en aandrok webtuistes. Ek het geweet ek wil nie ñ noupassende rok hê nie; ek het nog altyd meer gehou van n balrok styl. Daar was een ontwerp wat my oog gevang het, maar die rok was van oorsee en ek wou nie die kans waag nie. Ons het toe die ontwerp geneem na Casper Bosman, as inspirasie vir die droom. Op die ou end het Casper ñ heel ander rok onwerp wat steeds dieselfde gevoel en styl vasgevang het as my oorspronklike inspirasie. Dit was heerlik om te weet, dat my rok se ontwerp uniek geskape is vir my karakter en styl. Ek was mal oor Casper se kreatiewe interpretasie van my styl; dit het gevoel asof hy my droomrok perfek verstaan het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die deel van my rok wat ek eerste liefgehad het was die kleur. Daardie diep saffierblou het onmiddelik my asem weggeslaan, en my ongelooflik mooi laat voel. My rok het my selfvertroue gegee. Ek het gevoel soos die beste weergawe van myself, en dit het my laat straal. Ek was trots op wie ek is en op my rok. Ten spyte van die volheid van die rok se silhoeët, kon ek heelaand gemaklik dans en beweeg. Dit het beslis my drome oortref.

Datum van matriekafskeid

2025-04-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media