Elaine Human

Hoërskool Parel Vallei

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is gemaak deur Sandra van der Merwe. Die rok is 'n "dusty" pers kleur. Dis 'n A-lyn styl en het 'n oop lae rug. Die kant en die kraletjies, wat druiwetrossies vorm, is die fokuspunt van die rok wat by die agterkant van die rug einde. Die rok het 'n oop hals. Die kant loop van die hals op met die "strapies"sodat dit lyk of die "strapies" net uit die kant bestaan.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Parel Vallei

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was aanvanklik heel onseker hoe ek wou gehad het my rok moes lyk. My tannie het laasjaar vir my ,my klein-niggie se rok gegee wat sy gedra het na haar matriekafskied. Ek het dadelik verlief geraak op die kant en die kraletjies ,maar die kleur het my nie gepas nie. Ons het dus 'n kleur gekies wat by die kant pas.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dis definitief die kant en die kraletjies!!!! Die wye rok is ook net wonderlik!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media