Donné de Jongh

Die Hoërskool Menlopark

Ouderdom

18

Tuisdorp

Pretoria

Skool

Die Hoërskool Menlopark

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Gerdi Dednam van Dednam Couture het my rok ontwerp en gemaak. Ek en Gerdi het saamgewerk om die ontwerp van die rok saam te stel.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Charlize Theron se 2004 Oscars rok se patroon was my hoof inspirasie. My ma het oorspronklik die idee aan my voorgestel.Ek wou iets tydloos en elegant kies, wat ek in die toekoms weer sal kan dra.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my styl en grasie en het die kroon gespan oor my 12 jaar skoolloopbaan. Dit was die perfekte manier om my matriekjaar te fier!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

My hoogtepunt was om die spesiale aand saam met my goeie skoolvriende te geniet. Dit was ń Sprokiesaand gevul met liefde en lag!

Planne vir na matriek

Ek gaan volgende jaar Bcom Rekeningkunde studeer aan die Universiteit van Pretoria.

Gunsteling woord in Afrikaans

Fieterjasie

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media