DIVENETTE STREICHER
HOëRSKOOL OOS-MOOT
Ouderdom
18
Tuisdorp
PRETORIA
Skool
HOëRSKOOL OOS-MOOT
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My droom was van die begin af dat my rok vir my waarde moes dra, nie geld waarde nie, maar geestelike waarde, uniekheid. Ek wou nie uitstaan om die glanslig van model mooi te lyk nie, maar om die glanslig vir Jesus te laat "glitter", teerheid, sagtheid en vroulikheid. Ek wou Sy liefde verteenwoordig, want Hy het my aangeraak en my lewe gered in 2018. Ek het 'n idee gehad vir my rok, iets gesien en saam met my hartsmense my rok toe ontwerp sodat dit presies was wat ek wou hê.
My ma en ouma het my na Tannie Miems van Perfectwear in die Moot gevat, wat spesiale geleenthede se klere vir ons gesin maak vir baie jare, my eerste pakkie het sy gemaak toe ek maar net vier jaar oud was. Sy ken my hart en sy het my rok volmaak gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My rok beteken en verteenwoordig vir my dankbaarheid. In 2018 het die Here my lewe gered na 'n jaar se leiding en veg vir my lewe. Met 'n lied in my hart en 'n hart wat oorloop van seën, vreugde, liefde, dankbaarheid en bowenal genade het ek die wonderlike voorreg gehad om in teerheid, sagtheid en vroulikheid die rooitapyt af te stap en my 12jaar skool seisoen te kon volbring en voetspore van "glitter" vir Jesus te kon stap. Ek het omtrent "geglitter" orals waar ek was, was "glitters" agter gelaat.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Een woord Finaliteit - Die einde van 'n 12 jaar skoolloopbaan. Oorlopende dankbaarheid en vreugde...Ek lewe!!
My rok en dag was asemrowend, presies wat ek wou gehad het. Ekt elegant, stylvol en geliefd gevoel. Soos 'n vrou, maar Prinses mooi! Ekt geskyn van dankbaarheid om dit te kon volbring.
My rok se kleur het my aan die binnekant van n skulp laat dink, dit het vir my die diepte verteenwoordig waaruit die Here my gehaal het in my leidingstyd. Die pragtige kant wat geblink het was Rose gold, maar het ook brons vertoon wat my vreugde en vrede uitgebeeld het. Ek het gevoel ek skyn van dankbaarheid om te lewe. My sagte valle wat sag gehang het, kon draai en swaai en het my omvou en dit het vir my gedui op elke beweging wat ons maak, moet met volheid, teerheid en opregtheid wees, want die lewe is kort. MY ROK VAN DANKBAARHEID EK LEWE!!!!
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hele ervaring van die matriekafskeid was vir my 'n hoogte punt, maar ek dink as ek iets moêt uitbeeld, was dit toe my hartsmense vir my wag om te sien hoe ek lyk, hulle gesigte was die mooiste, ekt geweet en gevoel ek lyk Prinses mooi en elkeen se dankbare liefde teenoor my, omdat ons hierdie dag kon vier.
Planne vir na matriek
My planne is om onderwys te gaan studeer, maar ek is nog self nie 100% seker of dit wel die pad is wat ek moet stap nie. Ek bid nog baie hieroor en vra die Here vir wysheid om die regte keuse te maak. Verder wil ek net meer van Jesus leer, meer vir Hom leef. Ek weet Hy sal my vat waar ek moet wees.
Gunsteling woord in Afrikaans
Dankbaarheid
Datum van matriekafskeid
2025-10-10