Dionné Raijmakers

Hoërskool Montana

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp en gemaak deur Johan Botha Fashion, geleë in Pretoria. My idee agter die rok was n sagte, vloeiende satyn ontwerp in n ligte “cream” kleur waarvan Johan Botha die skoonheid van die kleur perfek in die ontwerp uit gebeeld het. Die idee agter die rok is dat die prag in die eenvoud daarvan lê. In die rok voel ek vrolik en sterk, al die beste dele van vrou wees.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Montana

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Elke dogter droom van kleins af oor die dag wat dit hulle beurt is om hulself uit te beeld op hulle matriek afskeid, en dit is presies wat ek wou doen. Ek dink my rok vang met sy voue en corset bo stuk presies my sterk presoonlikheid, sowel as my sagte gesintheid met die snit en elegantheid van die rok vas. Minimalisties maar tog het dit uit gestaan tussen die donkerder kleur skema wat hierdie jaar so gewild was. Ek hou my lewe lank al van die eenvoud van dinge en dit was my insperasie vir my rok. Ek voel dat waar daar te veel is, kort daar dikwels iets.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My Gunstelling gedeelte van my rok is beslis hoe dit my laat voel en die selfvertroue wat dit vir my gee. Dit was n kwessie van om 'n persoonlike styl te vind wat my soos my beste self laat VOEL het. Dit moedig my aan om uit te gaan na die wêreld, met my kop hoog gehou, en krag te vind deur deur wat ek aan het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media