Dioné Odendaal

Bergsig Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou 'n rok gehad het wat my persoonlikheid ten volle weerspieël en 'n asemrowende eerste indruk op die mense rondom my kon maak. Ek wou daadwerklik in 'n Skoenlapper in transformeer... Die rok moes gemaklik sit, korset styl (wat voel soos aanhoudende drukkie) en my liggaamsvorm komplimenteer. Die rok se ontwerp is so gedoen dat die skoenlapper en sleep, kan afhaal, en die rok op ander geleendhede in 'n minder uitspattige vorm gedra kan word, sonder om as wit olifant in die kas te eindig. Die rok is hand geverf met kleure wat gemaklik in mekaar vloei en soedoende my gelaatskleur kompliteer en beklemtoon. Sodoende het die ontwerper my keuses aangevul met sy kunstigheid, om ten einde 'n asemrowende skepping ten toon te stel.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is van nature vry van gees met 'n ongelooflike kunstige en vrye siel. Sedert ek in Graad 10 navorsing oor Skoenlappers in my visuele kuns portefulje gedoen het, was die Skoenlapper die nuwe inspirasie in my lewe... In Graad 11 het dit die simbool van my en my kêrel se vriendskap geword... Die simboliek van Inheemse Amerikaners dui juis op transformasie, hoop en wedergeboorte, terwyl die Chinese simbliek op eienskappe van vryheid, aardse skoonheid, liefde en die menslike siel dui. Graad 12 is juis die jaar waarin jou as jong volwassene die meeste transformasie beleef. Die einde van 'n era breek aan met 'n nuwe begin wat roep op die horison.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die Skoenlapper! Dit was die fokuspunt, beginpunt en eindpunt van die hele konsep!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media