Dilané Vermeulen

Hoërskool Montana

Tuisdorp

Worcester

Skool

Hoërskool Montana

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Dit is my ma se trou rok wat ons gemoderniseer het by dieselfde ontwerper wie dit oorspronklik ontwerp en gemaak het. Die ontwerper is geleë in Kanada en haar naam en van is Dot Meij.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor enige iets "whimsical". Dit was vir my belangrik om die rok aan te hê en te voel soos n fee prinses uit n sprokies verhaal. Elke aspek van die rok wat ek gekies het was deur die jare opgegaar vandat ek n klein dogtertjie was en al die beeldskone Dinsey prinsesse se rokke op die TV sien. Ek is so ongelooflik dankbaar dat my rok so perfek in my visie ingepas het!

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit was vir my so n groot eer om my ma se trou rokk na 25 jaar weer te kon dra en aanpas tot my oersoonlike styl. Die moeite wat my ma ingesit het om met die ontwerper te kommunikeer en materiaal aan te koop en dit te vervier na Suid Afrika word so baie waardeer. Ek gaan hierdie rok koester vir ewig. Dit is vir my so oulik om te sien hoe ma ma se oorspronklike styl (wat net die korset en goue roml was) kombineer met my "fantasy" styl (die lae blou gaas, moue, en paar blommetjies wat "blend" in die romp in was my addisies). Miskien dra my meisiekind dit eendag... wie weet!

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Dit was vir my so spesiaal om elke meisie se rok te sien, want dit is hul elkeen se unieke kop prentjie wat lewe gegee is. Om te sien hoe hulle inloop op die rooi tapeit en te besef dat daardie rok so perfek pas by wie hulle is was ongelooflik. Al was dit nie eers n rok wat ek sou dra nie kon ek dit waardeer want dit pas so mooi by hulle. Ek kan vir seker sê die meisies van Montana was ongelooflik kreatief gewees!

Planne vir na matriek

Ek studeer volgende jaar Hortologie by Stellenbosch Universiteit. Ek wil graag my kursus voltooi tot op n doktorsgraad. Ek gaan in Monica koshuis bly. Ek wil bitter graag hierdie Desember vakansie uiteindelik leer bestuur... wat kan ek sê, ek is 'n bietjie van 'n "procrastinator". Ek wil ook graag na my NSS eksamen begin werk om spaargeld op te bou vir universiteit. Maar wat ook belangrik is, is dat ek ook net bietjie gaan rus voor my universiteitslewe begin!

Gunsteling woord in Afrikaans

motreën

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media