Desiré Düring

Hoërskool Kempton Park

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Van die begin af wou ek 'n tydlose rok he, iets wat oor 20 jaar nog gedra kan word en die belangrikste, ek wou gemaklik voel. My rok moes nie iets wees wat jy op sosiale media kan kry nie, dit moet uniek wees, wat by my persoonlikheid pas. Baie mense het raad en hulp gegee, wat ek vreeslik waardeer het. My Ma het die rok met behulp van beide my Oumas self gemaak. Dit gee sentimentele waarde aan my rok. Die goue skoene, en juwele het die rok mooi afgerond. Die eindproduk het my wildste drome oortref. Ek het met die leuse gegaan van "less is more."

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Kempton Park

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ma het my materiaalwinkel toe gevat sodat ons idees kon kry. Ek het dadelik van die lewendige blink materiaal gehou. Ons het voor die spieel gaan staan en verskeie kleure voor my gehou. Laaste toe vra my ma of ek asb die groen ook voor my sal hou, groen was nie een van my keuses nie, maar toe die lap voor my gehou word toe is my keuse gemaak! Die patroon was een van my Ouma se patrone, nogal 'n Calvin Klein patroon. Ek het hom nooit oorweeg omdat ek reeds 'n prentjie in my kop gehad het. Hoe meer ek daaroor gedink het hoe meer het die patroon en die materiaal 'n prentjie in my kop gevorm.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dis moeilik om my gunsteling deel te kies van my matriekafskeidrok ,maar as ek moet kies is dit defnintief die snit van die rok. Die rok beweeg vloeiend wanneer ek beweeg. Die unieke rug skep verseker 'n fokuspunt want ek wou graag 'n rok met 'n oop rug gehad het. Dan die blou, groen lewendige materiaal het my oog absuluut gevang, die oomblik toe ek dit gesien het. En laastens is die rok tydloos en sal ek dit weer en weer kan dra.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media