Deonie Taljaard

CVO Skool Zoutpansberg

Tuisdorp

Louis Trichardt

Skool

CVO Skool Zoutpansberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok gekoop op Temu omdat as ek my droom rok so vanaf die rak af wou koop net te duur sou wees, daarom het my mamma en my beste vriendin se ma my met die kleinste tot die grootste take gehelp en ek is meer as dankbaar daarvoor van pêrels tot kleiner maak was hulle elke stap daar.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die inspirasie was die "Pinterest rok" van my drome en so het dit ʼn werklikheid geword en ek is meer as dankbaar.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Dit beteken vir my meer as woorde kan sê, omdat ek n stukkie van my oumas saam met my kon dra want albei het gehou van om my in rooi te sien en het altyd gesê " jy lyk pragtig in rooi my kind"

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt was defnetief die dansvloer dit was n sokkie maar net beter omdat ons familie, onderwysers en vriende gehad het wat die aand so spesiaal gemaak het, n spesiale dankie aan Juffrou Riekie

Planne vir na matriek

Ek is voorlopig gekeur by Akademia vir BA Kommunikasie en Joernalistiek en ek is baie opgewonde om te sien wat studente lewe vir my inhou

Gunsteling woord in Afrikaans

Asemrowend

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media