Denile Burger

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou 'n rok gehad het waarin ek net myself kon wees. Vuurig, warm en flambojant. Ek het geen idee gehad van hoe dit moet lyk of wat ek presies wou gehad het nie, maar my ontwerper Carike Nel het tot my redding gekom. Ek het 'n paar rokke aangepas en my oog was op n helder rooi satyn rok maar dit het net nie reg gevoel nie. Carike het my oortuig om soortgelyke swart rok aan te pas en ek was dadelik verlief en het geweet hierdie is die styl wat ek soek. Sy het die wynrooi kleur voorgestel en toe was ek eers smoor verlief op my ideale rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Helpmekaar Kollege

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was baie eenvoudig. Ek het nog altyd 'n Pinterest Board gehad vir inspirasie met duisende rokke op maar ek het nog altyd gevoel dat daar iets gekort het. Ek wou gemaklik wees maar op dieselfde tyd myself. My elektriese persoonlikheid het perfek by die wynrooi kleur gepas en ek kon nie vir beter vra nie. Die unieke valle van die rokke was 100% Carike Nel se kreatiwiteit en talent. Sonder haar sou my rok nie moontlik wees nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel was die uniekheid van die romp. My bene het deur geskyn onder die mooi valle. Die corset gedeelte het my kenmerke mooi beklemtoon veral die opryg rug. Die rok was so maklik om aan en uit te trek dat ek geen twyfel gehad het dat iets gaan afval of breek nie. My hele rok was eintlik my gunsteling. Ek kan nie beskryf hoe ek gevoel het in die rok nie dit was werklik 'n droom wat waar geword het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media