Denike Borman

Denike Borman Denike Borman Denike Borman

Ouderdom

18 jaar oud

Tuisdorp

Brakpan

Skool en dorp/stad van skool

Helpmekaar Kollege Johannesburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeidrok kom beslis van die klein dogtertjie wat nog diep binne in my leef. Die een wat nog altyd daaroor gedroom het om soos ‘n prinses te kan voel. Hierdie rok het definitief daardie droom vir my ‘n werklikheid gemaak.

Die rok se “Dark Steel Ocean Blue” is die eindproduk van 4 lae van verskillende soorte blou en pers. Ek het geweet dat ek nie net enige blou wou hê nie, maar ‘n blou wat eerstens my oë komplementeer en wat ‘n sagtheid het, maar terselfdetyd my selfvertroue beklemtoon.

Ek wou graag hê dat die rok se fyn kant en die klein, blink steentjies dadelik aandag trek, met die verskillende lae van die romp wat die sprokie-gevoel gee.

Die eindontwerp van my rok het my verwagtinge oortref. Ek het soos ‘n regte prinses gevoel en kon my Hoërskool loopbaan met trots, elegansie en selfvertroue afsluit.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media