De’niel Roos

Hoërskool Wesvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok se ontwerp was n baie moeilike keuse, ek is n minimalistiese meisie wat van plain hou. Maar ek was lus om so n “spark”in my rok te sit. Die kleur van my rok het ek al op 12 besluit, en my liefde vir roos goud en champagne kleure moes ek net inkorporeer. Die een kant van my rok het aansienlik meer glam en glitter as die ander kant, dit loop half soos n fontein oor my skouer af na my rug. Die bo stuk van my rok was vir seker die mooiste deel vir my, die patroon het soos vlamme van bo af skuins afgesprei na die regter kant van my rok toe, wat my opgewondenheid en “flam” vir die lewe verteenwoordig. Die flamme se patrone het ook afgesprei na my rug toe, waar dit stelselmatig minder word.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Wesvalia

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie kom van verskillende plekke af, vanaf my eksentrieke sussie en my stylvolle en klassieke moeder tot Taylor Swift en haar goeie smaak. Ek het geweet ek wil n standpunt maak, met n besige bo stuk en rustige onderstuk. Die bo stuk van my rok is geinspireer deur Taylor Swift, my gunsteling kunstenaar, se “Lover” pakkie op haar Eras Tour. Ek moes haar net ook deel maak van my rok aangesien ek die grootste “Swiftie” is. My bo stuk het eenderse patrone as haar pakkie, en dit is vir my baie spesiaal om dit te kon inkorporeer. Die onderkant van my rok is n satyn materiaal. Ek wou iets gebruik wat my kalmte en rustige geaartheid uitbeeld, ek wat beter as n sagte elegante materiaal wat agter jou aansleep soos water oot klippe. My sleep en onderkant was geïnspireer deur Blake Lively se 2022 Met Gala look. Ek het van haar styl sowel as die kleur van haar rok gehou.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gusteling deel van my rok was vir seker my bo stuk. Van klein dogtertjie af het ek op gekyk na Taylor Swift. Die manier hoe sy haarself dra en hoe sy haar liefde vir musiek in haar klere uitbeeld het my aandag getrek. My bo stuk het soortgelyke patrone as die “Lover” pakkie. Dit was vir my baie spesiaal om dit in my rok te voeg.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media