DeNicke Pretorius

Hoërskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is tans Gr 11 en moes in die helfte van die jaar skielik begin ‘matriekafskeidrok’-dink. Omdat ek Gr 11 is wou ek is eenvoudig hê wat my sagter (tòg sterk) unieke persoonlikheid komplimenteer. Ek wou iets anders hê. Uitstaan maar nie UITSTAAN tussen my skool se Gr 12’s nie. Ek is MAL oor my rok. Van die kleur, tot die eenvoud en die absolute stylvolheid daarvan. Die prentjie het perfek bymekaar gekom.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Rustenburg 28/09/2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Instagram is PROPVOL MOOI. Ek het die inspirasie saadjie daarop gekry. Die res van die perfekte prentjie kon ons bymekaarsit soos ons aangaan. My ma moes self lap kry namens my. Sy ken my net SO GOED. Die perfekte lap gekry terwyl my besige program nie lap ‘shopping’ kon toelaat nie. Die fyn plooi in my vuil pienk net het die effense ‘vintage’ gevoel van my rok perfek afgerond.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dat dit so eenvoudig en maklike proses was. Tannie Lorraine (van Lorraine Jonas Couture) het dit net eenvoudig MAKLIK gemaak. Haar professionaliteit is ongelooflik. Haar naaldwerk ongelooflik fyn en perfek. Sy ken my en het presies geweet wat my persoonlikheid pas.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media