Demiyon Botha
Hoërskool Brandwag
Ouderdom
18
Tuisdorp
Benoni
Skool
Hoërskool Brandwag
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek is ongelooflik trots om te sê dat ek my eie matriekafskeidrok ontwerp het, om verskillende elemente van ander rokke bymekaar te sit. Dit het my die kans gegee om iets uniek en persoonlik te skep.Die ongelooflike span by Eksodus Original in Johannesburg het die rok vir my gemaak en ek was oorweldig met die eindresultaat.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Vir my matriekafskeidrok wou ek graag iets uniek en persoonlik hê, en die kleur “coral” het perfek by my visie gepas. Ek het altyd van hierdie helder, maar tog sagte kleur gehou. Ek wou graag iets hê wat tydloos en elegant is, iets wat ek oor jare sal onthou en steeds as klassiek kan beskou.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok beteken meer as net iets wat jy aan het op daardie spesiale dag. Dit is die finale stukkie van die “skoollewe” wat jy afsluit. My rok was nie net n kledingstuk nie maar n weerspieëling van wie ek is. Ek het spesiaal, gemaklik en mooi gevoel, wat die perfekte manier was om daardie belangrike oomblik te vier.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om daardie oomblik te kon beleef waarvoor ons so lank gewag het, omring deur my familie, vriende en vriendinne wat almal op hulle beste gelyk en gevoel het.
Planne vir na matriek
Ek gaan studeer by die Universiteit van Pretoria en is opgewonde vir die nuwe hoofstuk om te begin.
Gunsteling woord in Afrikaans
Gogga
Datum van matriekafskeid
2025-10-02