Delanie van Wyk

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het in 2022 my tannie se troue bygewoon en vir die eerste keer ń groen rok gedra. Die kleur het my velkleur só gekomplimenteer dat ek sommer dadelik die kleur oorweeg het vir my matriekafskeidrok. Ek het twee ope-hart operasies gehad as klein dogtertjie en wou nie die sny op my bors wegsteek nie, want ek het gevoel dis deel van my storie, wie ek is en die pad wat ek met Die Here gestap het tot vandag toe. Ek wou iets gehad het wat vleiend sal wees, my middel sal komplimenteer maar steeds elegant en tydloos sal wees. Die fluweel materiaal was my ontwerper (Anel Botha) se keuse gewees en ek wou my rug ook op ń manier beklemtoon het wat stylvol en elegant sou wees. Die steentjies op die gaas-materiaal was ń manier om ń ligte effek te skep op my heupe en been sonder om stukke materiaal uit te gesny het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

AHMP

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die dag wat ek vir Anel gaan sien het, het ek die foto van Anlia Etzebeth se swart rok, wat Anel gemaak het vir haar en Eben se verlowingsfoto’s, as my “inspo” gebruik en Anel het van daar af presies geweet wat die beste sal werk en pas by my. Op die ou einde van die dag was Anlia se swart rok net ń “basis” waarvanaf ons gewerk het en ons het die rok heelteemaal in iets in verander wat by my persoonlikheid en styl sal pas.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die details op my rug was beslis vir my ń “showstopper” asook die aanhangsel met die diamantknopies wat van al die pad bo tot heel onder geloop het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media