Delaney du Plessis

Hoërskool Montana

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n elegante champagne rok met 'n lae rug wat die rok baie klassiek laat vertoon. Die oop skouers gee 'n gevoel van vryheid. Die rok is afgerond met champagne kleurige blomme motiewe en goue kristalle. Die slit dra die laaste stukkie "je ne sais quoi" by om die rok perfek te maak. My rok is ontwerp en gemaak deur Liezl Nortje van Boutique Couture in Pretoria.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Montana

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat my suster 4 jaar voor my in matriek was, het ek al begin om my idees neer te skryf asook fotos bymekaar te maak vir my matriekafskeidrok. Ek het 'n elegante en stylvolle rok in gedagte gehad wat by my persoonlikheid pas. Elke jaar is die meeste van die rokke dieselfde kleure, en ek wou uitstaan met 'n ander kleur rok (waarvan ek die enigste een met 'n champagne rok was). Aangesien ek 'n stil persoonlikheid het, moes my rok daardie aand die praatwerk doen.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die bostuk van die rok wat met baie ure en delikate handewerk aanmekaar gesit is. Elke blommetjie is met die hand uitgesny, met presiesheid op die regte plek vasgewerk en versier met kristalle om die finale afronding te doen.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-14

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media