Darline Goosen

Hoërskool Jeugland

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is gemaak van n sagte lilac satyn met n paar lagies glitter chiffon. Die bo kant van die rok is gemaak van n unieke patroon wat met die hand uitgesny en bymekaar gesit is. Om die rok mooi af te rond het ons besluit om die lace up en strik te maak uit n deel van my rok. Die ontwerpster het ook vir my aan altwee kante van die rok sakkies laat insit net vir ingeval ek n lekkertjie wou saamvat !

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir die rok was pinterest. Vandat ek Graad 9 was het ek n klomp idees gehad oor hoe my droom matriekafskeid rok moet lyk. Ek het toe besluit om n "pinterest board" te skep om al my idees bymekaar te hou. Die ontwerpster het toe in n jap trap al my idees in n prentjie gesit wat my droom rok gevorm het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daardie is n moeilike vraag want die hele rok het my soos n princess laat voel, maar as ek moet kies dan sal dit definitief my sleep wees en die lace up aan die agterkant van my rok met die groot strik

Datum van matriekafskeid?

2023-09-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media