Darice Buitendach
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Duo Edu, Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het soos enige ander matriekmeisie my Pinterest bord inspirasie gehad, maar het geweet as ek my droomrok aanpas sal ek dadelik weet dat dit die EEN is.
En dit was inderdaad so. Toe ek myself in die spieël sien, het ek geweet dis my rok en alhoewel die styl effens anders was as wat ek gedink het ek sal kies, het die rok my persoonlikheid en andersheid perfek vasgevang en my wildste drome oortref.
