Danté Grib

Hoërskool Wesvalia

Tuisdorp

Klerksdorp

Skool

Hoërskool Wesvalia

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

WilmieKay Couture

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Die pragtige pienk van die Oosterse Lelie was die bron van inspirasie vir my rok. Die klokvorm van die blom was die oorsprong vir die vorm van die rok. Ek het nog altyd geweet dat my matriekafskeidrok n enorme strik met ń lang sleep moes hê. Die strik mimiek blomblare. Met pienk as my gunsteling kleur was daar geen twyfel oor die kleur van my rok nie. My droom rok moes vroulik wees, maar ook pret voorstel om my persoonlikheid te weerspieël.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die ontwerp proses van my rok, saam met my Mamma ,sal altyd ń spesiale herinnering bly. Die kleur van my rok simboliseer my selfvertroue en hope energie. My rok het my uniek en beeldskoon laat voel. Dit was selfs mooier as wat ek myself kon voorstel.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Geliefdes het spesiaal vanaf die Kaap gevlieg vir hierdie okkasie en kosbare herinneringe is gemaak. Gedurende die afskeid het ons vriendegroep, saam met n paar onderwysers, die dansbaan warm geskoffel op ń goue oue van ABBA - Mamma Mia. Die kuier na die matriekafskeid was die perfekte motivering vir die Eindeksamen.

Planne vir na matriek

Ek is voorlopig gekeur om Medies te gaan studeer by die Universiteit van Kaapstad.

Gunsteling woord in Afrikaans

Pollevink

Datum van matriekafskeid

2025-10-10

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media