Danje Pretorius

CVO Gromar Landbou Akademie

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het 'n unieke ontwerp. Ek en my ontwerper het dit saam geteken. Die bostuk van my rok het 2 moue wat oor my skouers span en oop is aan die voor- en agterkant. My rug is heeltemal kaal en die opening aan die voorkant tussen die panele wat strek tot by my middellyf, word bedek met gaas wat bykans onsigbaar is. Op my skouers het ek twee dramatiese groot "tulle" strikke wat agter lank afhang en voor effe korter. Die onderkant van my rok is heeltemal deursigtig. Onder het ek 'n stywe kortbroekie aan wat bedekking en ondersteuning bied met vloeiende materiaal bo-oor wat versier is met delikate versierings, asook pêrels. Die romp van my rok het ook 'n sleep wat 'n elegante, vloeiende en romantiese effek skep. Die kleur van my rok is sjampanje - die kleur van die pêrels wat ek graag wou gebruik.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

22 September 2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My idee vir 'n matriekafskeidrok was smaakvol-gewaagd en ek wou graag my jeugdigheid en sensualiteit daardeur uitleef. Ek is verlief op pêrels en wou dit ook graag beklemtoon in my rok en as bykomstighede gebruik. Dit was vir my belangrik dat die rok by my persoonlikheid, gelaatstrekke en liggaamsbou sou pas. Ek is mal oor die eindresultaat en dit is presies wat ek wou gehad het - vloeiende elegansie, dromerige romanse en vroulike sagtheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Alles van my rok het my droom-verlore laat voel. Ek het almal se asems weggeslaan en baie komplimente ontvang. Dit was nooit vir my nodig om aan my rok te trek of te vroetel nie - hy het gepas soos 'n handskoen.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-22

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media