Danika Swartz

Hennenman Hoërskool

Tuisdorp

Ventersburg

Skool

Hennenman Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is deur Werner Dey Couture in Parys ontwerp en gemaak.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Met die eerste konsultasie by Werner Dey Couture, was die prentjie wat ek in my gedagtes van hoe my rok moet lyk baie anders as hoe die eindproduk uitgedraai het. Ons het 'n HELE paar rokke aangepas en stadig maar seker het voorkeure en afkeure na vore gekom. So die inspirasie agter my matriekafskeid rok is my eie unieke persoonlikheid.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek wou hê die rok moes nie net mooi lyk nie, maar ook ’n storie vertel – van groei, trots en die begin van ’n nuwe hoofstuk. Die rok beteken dat ek my moed kon weerspieël om uniek te wees, my sagte en vriendelike gees kon uitstraal, en my entoesiasme vir die toekoms kon wys.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was toe ek uit die motor klim en by die rooi tapyt afstap. Ek het ’n mengsel van opwinding, trots en ongeloof ervaar. Die oomblik het soos ’n droom gevoel – al die oë op my, die flitse van kameras was onwerklik. Nou weet ek hoe bekendes op die rooi tapyt voel.

Planne vir na matriek

Ek beplan om B.Comm Besigheidsbestuur studeer by die Noordwes Universiteit in Potchefstroom

Gunsteling woord in Afrikaans

Kosbaar - Want die lewe, liefde en familie (en natuurlik die rok), is waardevol en kosbaar.

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media