Danika Bradbury
Hierskool Dinamika
Ouderdom
18
Skool
Hierskool Dinamika
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur Scarlett Red Boutique. Dit is "haute couture" en die ontwerper het werklik My visie na lewe gebring.
Verskeie rokke het as inspirasie gedien — ek het hulle saamgesmelt om my eie visie tot lewe te bring.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My doel was om n skouspel rok te he wat pas by my persoonlikheid — ek wou my eiesoortige self vasvang.
Trots wees op my unike kant soos ons almal moet wees en Die aand was my geleentheid om my onteunde kant te laat skyn 😉
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek dink wat my rok laat uitstaan is dat die ontwerp uniek is, die onderkant kan ook sonder moeite af klik en n tweede swart satyn rok ontblood wat apart gedra kan word. Die rok het veelvoude lae van sagte kant en pragtige borduurde rose op wat dit werklik n "showstopper" van n rok maak !
Ek het baie komplimente ontwang vir my rok en so dankbaar dat my droom rok na lewe gekom het. Dit was n glans aand en almal het besonders mooi gelyk! Dankbaar vir my ouers se moeite en onderteuning en vir ons skool wat die aand vir ons matrikulante onvergeetlik gemaak het #Namiesverewig
Datum van matriekafskeid
2025-10-03