Danielle van Heerden
Hoerskool Montana
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Hoerskool Montana
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die oorspronklike idee was myne en die wonderlike Wilma du Plessis het my idee 'n werklikheid gemaak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag iets anders doen en met 'n diep rooi gaan, en die kort, 2de rok, vir die partydjie, het my rok baie uniek gemaak, so dis 'n 2-in-1 rok.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Dit is verseker baie soos my persoonlikheid, baie prettig en anders as die normaal. Ek streef daarna om nooit my eie unieke persoonlikheid prys te gee vir ander mense nie, want dis ok om anders te wees.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hele dag was super lekker, van die hare tot die einde. Maar die hoogtepunt was seker om met my mooi rok op die rooi tapyt te loop voor almal. Dit was baie spesiaal. Die venue was baie mooi, en natuurlik die kos....haha.
Planne vir na matriek
Ek wil fokus op Sielkunde, maar my eerste graad skop af by Akademia vroeg volgende jaar.
Gunsteling woord in Afrikaans
Kattekwaad
Datum van matriekafskeid
2025-10-04