Danielle Strydom

Hoërskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is gemaak deur Wilna Young, 'n bekende ontwerper in Rustenburg. Soos my spelerige persoonlikheid, is my rok 'n vrolike geel. Geel en blou is ook my gunsteling kleure! Daar is nie baie detail op geborduur, valle of kant nie. Ek het 'n sagte geel gekies met 'n diep koningsblou binnekant. Ek glo vas in die "minder-is-meer" benadering.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

So stroperig as wat dit klink, hou die klein dogtertjie in my nog altyd heel meeste van die Disney Prinses, Belle, van Skoonlief en die Ondier. Ek self is gek oor lees en lief vir perde! Daarom is my rok 'n moderne weergawe van die rok waarin Belle verskyn!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die beste deel van my rok is die koningsblou binnekant wat net nou en dan uitloer as ek loop, asook natuurlik die feit dat dit sakke het waarin ek my hande kan steek!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media