Ek wou nog altyd 'n matriekafskeidrok in die kleur "fuchsia" gehad het. Die kleur is helder, vrolik en vol lewe. Ons het egter besef dat materiaal in hierdie kleur skaars is. Toe ons materiaal in die kleur raakloop was ons baie opgewonde!
Alhoewel ek met 'n prentjie begin het, het Anene se ontwerp en finale rok my verwagtinge oortref.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My matriekafskeidrok laat my soos n prinses voel. Dit is my hele persoonlikheid vasgevang in 'n rok: vol kleur, vreugde en karakter.