Danielle Meintjes
Helpmekaar Kollege
Tuisdorp
Northcliff
Skool
Helpmekaar Kollege
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Rihette Muller, 39 Dresses
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Toe ek begin dink het aan hoe ek wou gehad het my rok moes lyk het ek gaan kyk na rokke wat ek in die verlede gesien het en wat vir my mooi was, ek het ook gekyk na rokke by my skool se modeparade en elke keer het die ligpienk en sjampanje rokke my oog gevang.
Ek het 'n rok gesoek wat uniek is, wat my persoonlikheid en smaak weerspieel, iets wat ek nog nie van tevore gesien het nie.
Dus my rok, ligpienk met fyn diamantvertakkings en ’n onsimmetriese skouer en elegante ‘tulle’ wat my rok uniek maak.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Vir my verteenwoordig my rok die laaste aand wat ek saam met al my vriende en vriedinne kind kon wees. Dit verteenwoordig die dag waarop ek my heel mooiste gelyk en gevoel het, die dag waarop ek my hoërskool jare agter gelaat het en reg begin maak het om met my nuwe hoofstuk te begin.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Toe die ete en al die toeprake verby was, het my hele graad die tafels kant toe geskuif en het ons kaalvoet begin dans. Vir daardie tydjie was ons almal weer kind, ons het vir oulaas gelag en gedans saam met die mense waarmee ons al vir die laaste vyf jaar 'n pad stap.
Dit was ’n spesiale manier om ons hoërskool loopbaan mee af te sluit.
Planne vir na matriek
Ek gaan bedryfs ingenieurswese swot aan die
Universiteit van Stellenbosch met die doel om 'n nagraadse Bio-mediese kursus te voltooi.
Gunsteling woord in Afrikaans
Liefling
Datum van matriekafskeid
2025-10-04