Daniëlle Le Roux

Frans du toit Hoërskool

Tuisdorp

Phalaborwa

Skool

Frans du toit Hoërskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My rok is by Tres jolie in Pretoria gekoop. My ervaring was uit die boonste rakke gewees. En ek het behoorlik soos n prinses gevoel.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het van die begin gese toe die matriekafskeid beplanning begin het dat ek n plein rok wil he met so min as moontlik "detail" , maar ek het myself verbaas. My advies aan elke matriek meisie is om soveel as moontlik verskillende kleur rokke aan te pas asook style. Ek het my verwagtinge oortref.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok is n stukkie van my. Net soos elke matriek meisie haar droomrok gehad het, het ek myne gehad. Ek het soveel komplimente gekry. Die kleur het my beslis gekomplimenteer. En die styl was ek. Ek is bitter dankbaar aan my ouers wat my dag moontlik gemaak het.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Al die beplanning van die groot dag was opwindend. Dis so spesiale dag in elke matriek se lewe. Vir myself kon ek nie wag om my rok vas te vang agter die Kamera. Ek het lank voor die tyd beplan watse tipe fotos ek soek.

Planne vir na matriek

Ek begin my studies volgende jaar as n grafiese ontwerper. Daarna wil ek graag Argitektuur studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Mooi man!

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media