Danielle Labuschagne

Parel Vallei High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

die danni rok . In my lewe het ek al deur baie fases gegaan waar my identiteit onstabiel was. Ek wou aanvanklik 'n skraal swart rok gehad het wat onder die norm aanvaar sou word, maar dit was voordat ek die brillantste ontwerper Tannie Angie Kolatsis ontmoet het. Ek het my idee van die swart rok geloods , maar syt my gevra: "WHAT DO YOU REALLY WANT". Ek het gedink ek gaan absurd klink, maar Tannie Angie het na elke woord geluister. Dis hoe DIE DANNI ROK ontstaan het waar die raarste blou, 'n vasgewerkte corset en die mees vloeindeste materiaal ontstaan het , hierdie rok behou 'n klein dogtertjie se droom wat die norm op tye verpletter het .

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja :)

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

die inspirasie . Die swart rok het gevaar, die geprinte printerst prent is dood . My 19de eeuse rok het begin om die daglig te sien . In my ontwerp proses was My ma en Tannie Angie my grootste inspirasie . My ma ( Therina Labuschagne ) het my gehelp om my idee van 'n 19de eeu en 21ste eeu se style van rokke te kombineer tot ons op my styl besluit het wat vir my die regte hoeveelheid volume vir my gegee het . Tannie Angie het die mooiste blou materiaal aan my voorgestel en " beads" daarop gewerk wat my laat skitter het . My idee het 'n werklikheid geword danksy die inspireerende dames in my lewe.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleur , die kleur is 'n seldsame blou en moeilik om te styl, maar ek het dit laat werk. Alle materlistiese aspekte opsy gesit– my gunstelingdeel was die ontwerp proses omdat ek meer van myself geleer het as wat die norm my laat glo het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media