Daniella Smith

Hoërskool Hugenote

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my droomrok opgewonde met my ma gaan gedeel!! Ons het n ontwerper in gedagte gehad wat my neef se meisie se rok ontwerp het. Op daardie stadium toe ons hom kontak het ons nie glad nie besef hoe beroemd hy eintlik was nie!! Met die eerste afspraak het ek geweet ; “This is it”. My ouers het die kwotasie aanvaar met huiwering…as jy weet wat ek bedoel…Met die eerste pas was ons almal reeds in trane…om die minste te sê was my verwagtinge by verre oorskry!! My droomrok het Pikkie, my ontwerper, tot lewe gebring. Na my spesiale dag vind ons eers uit hy het tans Miss Universe se rok ontwerp, Willet Designs Couture. Hy is net ongelooflik.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Hugenote

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou uniek lyk. Al my vorige valentynbals rokke was swart en elegant. Ek wou my matriekafskeid rok en materiaal spesiaal hê. Onvergeetlik. Uniek!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele proses saam my ma en my tannie. Elke aanpas, elke uitstappie Rosebank toe. Elke middagete saam en die opgewondenheid rondom dit alles. Dis oomblikke wat ek altyd sal koester. En natuurlik die eindproduk!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media