Danelle Joubert

Hoërskool Hoopstad

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het ‘n pienk, “mermaid tail” onderstuk wat met swart tulle bedek is. Die bo-stuk van my rok het ‘n V-nek en daar is pragtige pienk, pers en oranje sequin blomme, groen blare en takkies en fyn kralletjies en diamanté steentjies daarop gewerk. Hierdie patrone het aan die regterkant van die rok afgevloei. Die rok is afgerond met unieke swart sequin strikke op die skouers om daai ekstra “Hollywood Glam” – effek te gee!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Hoopstad

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

“Dit is só Danelle,” is die woorde wat ek wou hȇ mense moes sȇ as hulle my rok sien. Vandat ek kan onthou wou ek strikke op die skouers van my rok gehad het en met die Barbie-fliek wat die jaar uitgekom het en ek Barbie as kind absoluut gelove het, het ek geweet dat my matriekafskeidrok óf pienk óf pers moes wees. Tydens my eerste afspraak by my ontwerper het ek verlief geraak op ‘n stuk lap en van daar af het die rok net “evolve” ! My matriekafskeidrok was uniek, elegant en het my persoonlikheid beter uitgebeeld as enige prentjie wat ek as inspirasie kon gebruik het. “Dit voel asof ek in ‘n Taylor Swift-musiekvideo speel... ek voel soos ‘n Barbie-prinses... dit voel soos ‘n droom,” is die woorde wat ek die heeldag van die matriekafskeid vir myself gesȇ het, want dit het werklik gevoel asof ek in ‘n sprokieswȇreld is!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die lang swart sequin strikke op die skouers van die rok – dit is “classy”, stylvol en gee net ‘n ekstra dramatiese effek.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media