Danelle Bekker

Danelle Bekker Danelle Bekker Danelle Bekker

Ouderdom

17

Tuisdorp

Brackenfell

Skool en dorp/stad van skool

Paarl Girls High in Paarl, Kaapstad

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was maar nog altyd ’n sportmeisie. Mense is gewoond daaraan om my in my netbaltekkies of atletiekskoene te sien, en daarom wou ek hê my matriekafskeid moes die een aand wees waar hulle my vir die eerste keer in volle glans, met ’n elegante rok en hoëhakskoene, sien.

My inspirasie was om my vroulike, sagte en elegante kant na vore te bring, sonder om weg te beweeg van wie ek regtig is. Ek wou nie ’n rok hê wat my in iemand anders verander nie, maar een wat my persoonlikheid op ’n ander manier weerspieël.

Vir my was dit belangrik dat die hele prentjie mooi bymekaar moes kom. Van die kleur en die ontwerp tot die kleinste detail. Ek wou, wanneer ek daardie rok aantrek, nie net mooi lyk nie, maar ook ongelooflik mooi en selfversekerd voel.

Ek wou wys dat ek nie net die meisie op die netbalbaan of atletiekbaan is nie, maar ook ’n jong dame met ’n liefde vir elegansie en vroulikheid waarvoor sy min tyd kry!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media