Danell Eksteen

Hoërskool Hoogenhout

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ‘n A-lyn rok, “Misty Blue” van kleur, afgewerk met fyn kraletjies voor en agter op my rug wat sagtigheid aan my rok verleen. Die fyn kraletjies het ook my rok 'n ekstra element van elegansie en persoonlikheid gegee.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Hoogenhout - Verseker Ja!

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het Wedding Bells Couture gaan besoek met die doel om verskeidenheid rokke aan te pas, maar toe ek hierdie rok daar sien het ek geweet dit is die een wat ek wil hê! My rok is vroulik, sag, elegant, uniek en weerspeel my persoonlikheid prefek. Ek wou graag pragtig en besonders gevoel het en toe ek my rok aanpas het ek onmiddelik geweet dit is ek.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was beslis die spelerigheid, beweeglikheid en sagtigheid van my rok met die unieke blou kleur wat my oë gekomplimenteer het.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media