Danél Williamson

Hoërskool Aliwal Noord

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Eenvoudig, dog stylvol het hierdie rokkie my soos 'n ware prinses laat voel toe my groot dag waarvoor ek so lank gewag het aanbreek. Ek het oor hierdie dag gedroom … vir omtrent my hele hoërskool loopbaan. Met net 'n prentjie het ek onmiddellik geweet dit is my rok, en JA, my droom is bewaarheid toe Wilma Pretorius van Bloemfontein hierdie prentjiemooi rokkie van net een prentjie af gemaak het. Die oomblik toe ek die eerste keer my rok gaan pas het, het dit my soos ‘n handskoen gepas! Ek het gevoel soos ‘n prinses in my eie sprokieswêreld.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Eenvoud, maar tog stylvol het hierdie rokkie my persoonlikheid uitgebring. Ek het net eendag die foto gesien en net geweet dit is ek! en soos iemand eendag gesê het; "Less is more"

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die foto's neem en die toejuiging van almal toe ons die rooi tapyt betreë

Datum van matriekafskeid?

2023-10-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media