Danel Lubbe
Hoërskool Kalahari
Tuisdorp
Kuruman
Skool
Hoërskool Kalahari
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matriekafskeidrok is ontwerp deur die briljante Anel Botha.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok kom uit ’n begeerte om iets te dra wat my storie vertel, iets wat beide krag en sagtheid uitbeeld. Die oop rug simboliseer vryheid en selfvertroue, die moed om heelhartig myself te wees, sonder om iets weg te steek. Die sagte plooie en detail agter herinner my daaraan dat daar skoonheid is in elke laag van groei, selfs in die moeiliker tye. Die lang sleep agter my, dis vir alles wat ek agterlaat met dankbaarheid, en alles wat ek vorentoe dra met trots. Die helder kleur is ’n weerspieëling van my lewenslus, vol hoop, lig en beweging vorentoe. Hierdie rok is vir my ’n viering van wie ek geword het, en van die pad wat nog voorlê.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok was iets besonders vir my, want dit het my herinner dat ek nie iemand anders hoef te wees om mooi te voel nie. Dit was spontaan en eenvoudig, maar tog het dit iets gesê sonder om te probeer, dit wys dat “less is more”. In ’n tyd waar sosiale media dikwels vir ons sê hoe ons moet lyk, wou ek net iets dra wat regtig ‘ek’ is. My rok het vir my gewys dat egtheid altyd meer uitstaan as oordadigheid, en dat ware styl begin wanneer jy gemaklik is in jou eie vel.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was beslis toe ek en my metgesel in die Cruiser gesit en uit volle bors gesing het, terwyl ons gewag het om op die rooi tapyt te loop. Ons het so gelag en elke oomblik geniet, dit was daardie spontane, sorgvrye deel van die aand wat ek nooit sal vergeet nie.
Planne vir na matriek
Ek staan nog oop vir moontlikhede en wag eers vir my finale punte voordat ek my planne vir na matriek vasmaak.
Gunsteling woord in Afrikaans
Dromer
Datum van matriekafskeid
2025-10-03