Daneal Terblanche

Hoërskool Outeniqua

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

In 2019 (die begin van my graad 8 jaar) het ek my rok op Pintrest gesien, die kleur & die korset van my rok het ek beplan en so vir René Heydon (René H Couture) gegee. My rok was vir my een van die belangerikste aspekte van my matriekafskeid, ek het geweet dat die rok my perfek moet pas & dat dit my soos ń prinses moet laat voel. My rok se ontwerp was baie gemik op die Renaissance tydperk. Die kleur wat ek gekies het, is gekies presies vir my gelaat.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die Renaissance tydperk was een van my GROOSTE inspirasies, ek het nog altyd gedink dat daardie tydperk vir my een van die tye was met die mooiste mode. Die korsette & wye rompgedeeltes wat die damens se middellyf beklemtoon het, was nog altyd vir my vreeslik mooi. Die kleur wat ek gekies het, se inspirasie het van my ma se troue af gekom, en die rede hoekom ek moue gehad het was omdat dit koud is in George.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel van my rok was my korset, asook my rompgedeelte en die kleur. Die korset was perfek vir my gemaak & het my soos n prinses laat voel, my rompgedeelte het my laat voel asof ek in n sprokie is. Die kleur van my rok het perfek gepas by die agtergrond van my fotos.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media