Dane Marnitz
Hoërskool Ellisras
Tuisdorp
Lephalale
Skool
Hoërskool Ellisras
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Natuurlik die beste, Chantelle van der Merwe van Le’Chante Haute Couture.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou nog altyd vandat ek kan onthou ‘n bloedrooi rok gehad het , maar het altyd gedink omdat dit so algemene kleur is hoe gaan ek dit maak uitstaan? En eendag toe sien ek n rok met fairy lights onder in die soom en dit het vir my so mooi gelyk, ek het besluit op n moutjie met baie “detail” en n 20 cm sleep met die liggies in die soom.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok is vir my , jare lank se drome, prentjies uitknip en harde werk. Dit is vir my n bewys van hoe ver ek gekom het as mens en dit is ń weerspieëling van my persoonlik. Dit is die rok waarmee ek my Hoërskool loopbaan afsluit en definitief baie spesiaal.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Sjoe, die dans was baie lekker, en die musiek was puik. Dit was n aand wat mens vir altyd gaan onthou die kos was ook heerlik. Eintlik alles was net perfek net soos ek dit ingedink het.
Planne vir na matriek
Ek vlieg 26 Januarie 2026 Amerika toe waar ek dan my jaar kontrak vir aupair gaan voltooi. Ek sien baie uit na die kultuur verskil en ook om te sien hoe ander mense goed doen en oor goed dink. Daarna kom ek terug Suid-Afrika toe waar ek dan 4 jaar lank by Aros, Intermediëre fase onderwys gaan studeer.
Gunsteling woord in Afrikaans
Kolwyntjie
Datum van matriekafskeid
2025-10-03