Dalenché Jacobs

Hoërskool Dr Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok, my droom! Ek wou elegant lyk en ek wou stylvol lyk. Dir sagte groen rok het net elke "box getick". Die rok was jonk, stylvol en die afronding is uit 'n ander wêreld. Piepklein pêreltjies is een vir een aangewerk om die mooi nog mooier te maak en die "cape " het my soos 'n prinses laat voel en lyk .

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My troetelnaam vir die familie is BLOM en ek het gewonder hoe ek dit gaan deurtrek met die keuse van my rok. Groot blom patrone pas glad nie by my persoonlikheid nie, dit het ek geweet. Toe ek die rok sien met die delikate blomme, afgerond met pêrels, was dit duidelik dat dit by my geaardheid pas en het dié Anel Botha ontwerp 100% by my gepas. Ek wou uitstaan, nee eintlik wou ek hè die rok en ek moet EEN word. Die kleur was die kersie op die koek... sag, subtiel en anders as die gewoon.DIT WAS DIE ROK VIR MY !

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die pêrels, soos die gesogte stene uit die see kom en 'n geskenke van BO is. So kosbaar en spesiaal is die rok van dag 1 af... Ek het geweet die rok gaan die aand afrond. Dit het die oomblik vasgevang en omsoom met die omgee en liefde wat ek altyd by my familie kry. Ek kom uit 'n PÊREL FAMILIE !

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media