Dahné Botha

Hoërskool Outeniqua

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Van kleins af wou ek ‘n rooi rok hê vir my matriekafskeid. Iets romanties maar stylvol. Ek het na baie idees en ontwerpe gekyk en toe besluit op ‘n kombinasie van verskillende ontwerpe. Ek wou 'n hoë slit hê en ‘n mooi oop rug. Die bolyf gedeelte moes styfpassend wees met sagte kant en glinsterkrale werk. My ontwerper was Rene H Couture en my bostuk het ure se handewerk geverg want elke kant stukkie is met die hand vasgewerk en borduur. My romp gedeelte moes baie sagte lae hê met ‘n glinster lagie wat in die lug verskillende skakerings van rooi gewys het. My grimering moes ook perfek by die rooi pas, daarom het ek besluit op n donker oog en n rooi lip. Dit het perfek by my velkleur en persoonlikheid gepas.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my matriekafskeid rok was om ‘n helder kleur rok te dra wat nie mis gekyk kan word nie. Ek wou weg beweeg van algemene kleure en ‘n kleur kies wat my persoonlikheid uitbeeld wat terselfde tyd by my velkleur pas. My persoonlikheid was my grootste inspirasie gewees - sag maar ook elegant en glinster. My inspirasie ontwerpe wat ek na gekyk het, het meestal van Pinterest of Instagram gekom en het gelei na my rok wat ‘n kombinasie van daai ontwerpe was - ‘n gedetailleerde bo-stuk met ‘n oop rug en ‘n sagte romp met ‘n hoë slit.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

As ek kon sou ek sê my hele rok was my gunsteling omdat al die dele so perfek by mekaar gepas het, maar die bo-stuk van my rok het vir my baie uitgestaan. Al die detail van die kant wat perfek met mekaar ingemeng het tot aan die agterkant van my oop rug by die romp. Die bo-stuk is my gunsteling omdat dit my persoonlikheid perfek uitgebeeld het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media