Crystal Wilmans

Midstream College

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek was angstig toe ek die besluit geneem het om my rok in Potchefstroom te laat maak, aangesien ek in Pretoria woon, maar ek het my vertroue in Jolache Couture en haar span geplaas en dit was 'n fantastiese ondervinding. Ek kan nou met sekerheid sê dat die 24 ure se ry, die moeite werd was. Ek het besluit op die kleur swart, omdat dit tydlose elegansie en verfyntheid beklemtoon, wat ook my persoonlike styl weerspieël. Dit was belangrik vir my dat die styl van my rok uniek is. My rok het verskillende segmente met Chantilly lace wat 'n roos-goud onder toon het. My rok het 'n lang sleep. Fyn steentjies en detail versier die kante van my rok. 'n Oop rug en dun kristal bandjies oor my skouers, vly my liggaam. Gemak was vir my die belangrikste doelwit. Ek wou nie net mooi lyk nie, maar ook mooi voel. Ek wou in my rok kan dans, partytjie en dit vir nog vele jare dra. My rok is nie net 'n samestelling van lap en ontwerp nie, maar dit is ‘n doek waarop ek my drome en aspirasies uitbeeld.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Midstream College

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir hierdie rok is deels geput uit Natasha Joubert se rok wat sy ‘n rukkie terug gedra het en deur Jolache Couture ontwerp is. Ek het wel die rok heeltemal verander en my gunsteling segmente uitgehaal en geïntegreer in my eie ontwerp. Natasha is die toonbeeld van grasie en skoonheid en dit was my visie vir die rok. Ek het gemik om beide selfvertroue en uniekheid in my rok te beklemtoon. Ek het ook inspirasie getrek van verskillende media-sterre se ontwerpsrokke, soos dié van Blake Lively en Priyanka Chopra.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor die manier waarop die rok my kurwes beklemtoon en steeds die gevoel van grasie en luukshied meegee. Die Chantilly lace sleep skep ‘n prentjie van ‘n skitterende waterval wat vloei van my lae rug tot by die grond en skep ‘n gevoel van misterie wanneer ek beweeg. Ek het altyd geglo dat mode ‘n verhaal moet vertel en die agterkant van my rok doen presies dit – dit vertel ‘n verhaal van elegansie.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media