Crystal de Beer

Hoërskool Despatch

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Nou 'n mens kan droom oor 'n mooi rok maar as dit jou liggaam nie vlei nie, gaan dit nie werk nie. Maar ek het geweet, en my ontwerper, die bekende Johan Wolmarans het saam gestem. Geesdriftig het hy begin om my droom rok op die prinsiep van daai lava rok te maak. Hy het my eie styl en persoonlikheid in die rok ingewerk. My rok het gelyk asof dit aan die brand is met die vlammekleure wat Johan gebruik het. Ek is 'n "WOW"-faktor mens en my rok wys dit. By gesé my rok was ñ regte "showstopper"

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Despatch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vandat ek kan onthou het ek 'n passie vir mooi goed ! Klere, skoene, grimering, juwele ens. Ek volg internasionale modelle soos die paparazi. My matriekafskeidrok was alles wat ek wou gehad het. My inspirasie vir my rok was toe ek Mej Heelal gekyk het in 2019 toe Catriona Gray gekroon was as Mej Heelal. Catriona Gray het met die mooiste rok uit geloop op die verhoog waar almal haar oog gevang het , die LAVA rok ! Ek het daar en dan geweet dis my matriekafskeidsrok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My absolute gunsteling gedeelte van die rok is hoe die rug ontwerp is. Dit het asems weggeslaan selfs my eie. Die Kleur van die rok is hand-gegrafittiverf deur Johan om die regte effek te kry. My hals en hoé spleet het almal na hul asems laat snak toe ek opdaag. My rok se diep vlamkleur het die koel aand opgewarm. Presies die uitwerking wat ek wou hê! Komplimente was in oorvloed.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media