Corissa du Plessis
Hoërskool Carletonville
Tuisdorp
Carletonville
Skool
Hoërskool Carletonville
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Sandra Jansen van Vuuren het my rok ontwerp, sy besit n Bruids winkel in Carletonville mall
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou iets gehad het wat my bietjie laat uit staan het, iets waaraan ek nie gewoont was om te dra nie en iets wat my mooi laat voel het en wat my uniek sou maak
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok was n eer om te dra, dit is vir my n insperasie om elke dag myself mooi te maak, want net een dag se opgetof het my laat besef dat dit die dag was wat ek van daardie klein dogtertjie waar ek lekker in die sitkamer gespeel het na die elegante jong dame wat haar toekoms in haar hand hou verander het
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt was om saam my meetgesel by die tapyt af te loop en om my ouma en ma saam by my fotosessie te he
Planne vir na matriek
Ek wil oorsee gaan om te au pair en dan begin met my studies vir Forensiese Pataloog
Gunsteling woord in Afrikaans
Dame
Datum van matriekafskeid
2025-10-02