Clerise Begg

Hoërskool Monument

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die idee vir die rok het ek lank saam met my gedra. Ek wou iets hê wat stylvol was maar tog ook gemaklik - daarom het ek besluit op die twee-stuk rok. Die kleur was 'n uitdaging maar toe ek die materiaal sien het ek geweet dis die kleur vir my. Ek wou beslis iets hê wat my personnlikheid komplimenteer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Monument

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Die oorspronklike inspirasie was 'n Pinterest prentjie....met die idee in my kop het ek die ontwerp bietjie veander om meer ek te wees....gemakliker, meer persoonlik, meer speels tog elegant. Die perfekte rok vir die perfekte aand en ek is dankbaar vir Tannie Hettie van Wyk van F&H Creations vir haar moeite, liefde en opgewondenheid wat sy gedeel het met die maak van die rok. As ditnie vir haar was nie sou ek nie my prentjie kon afrond nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die gunsteling deel was beslis die feit dat die romp afgehaal kan word en ek steeds met 'n stylvolle rok die aan kon geniet....verder die detail, die kleur, die snit, die gemak en die hele rok was my gunsteling

Datum van matriekafskeid?

2023-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media