Cleanté

Hoërskool Driehoek

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My doel was om iets unieks en dramaties as ñ matriekafskeid rok te hê. Mens het net een keer matriekafskeid, so hoekom nie die aand vier in jou droomrok nie. Dit is presies wat my rok vir my was. My moeder het my van baba tyd in geel aangetrek, so die liefde vir geel kom al ñ lank pad. Al die prentjies en idees wat ek as klein dogtertjie gehad het, het tot die resultaat gelei.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Driehoek

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was om vir die aand in my droom sprokiewêreld te lewe. Ek wou al die elemente wat ek al van kleintyds in rokke bewonder het, saam bring. Van skoenlappers, blomme, vlerke, die vloei van golwe en natuurlik het Beauty and the beast ook n groot rol gespeel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Daar is nie een aspek van my rok wat beter is as die ander nie. Ek was mal oor my hele rok gewees in geheel. Die vloeiendheid van die agterkant (sleep) was ń "WOW" oomblik vir my ,(was dalk ń tikkie my gunsteling deel). En my mou...sien ek kan beslis nie kies nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media