Claudien Uys

Hoërskool Stella

Tuisdorp

Tosca

Skool

Hoërskool Stella

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

ń Tannie met die naam Tasjha het my matriekafskeidrok ontwerp en gemaak , ek het hom by haar gehuur vir my spesiaal aand. Haar boutique is gelee in klerksdorp met die naam Tasjha designs.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

As gr.7 dogtertjie het ek al besluit my rok MOET ligte blou wees dit het my gunsteling kleur van daai tyd af al gebly. Ek het ń rok op instagram gesien wat soort gelyk was soos myne en ek kon net nie daai spesifieke rok uit my kop uit kry nie en toe het ek net geweet in my hart dis MY rok en tannie tasjha en daai droom vir my waar gemaak.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok het vir my beteken dat ek mag ook as boeremeisie uit my kassie klim en die rok van my drome aantrek en met my kop hoog en vol selfvertoue daai eerste tree uit my perdekar uit gee. Sonder om selfbewus te voel. As ń mens se rok jou so laat voel dat jy in Pnp kan stap en brood koop in hom met jou kop hoog op ń normale maandag oggend dan is dit die regte rok vir jou. Jou rok moet sê wie jy is : myne het definitief weerspieël , my persoonlikheid is “fun” maar elegant en definitief buite die boks. Die blinkers wys my borrelende persoonlikheid.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Definitief die oomblik toe my pa my die eerste keer gesien het in my rok en trane in sy oë gekry het. Die klein dogtertjie binne my het van oor tot oor geglimlag , en die aand dat ons so baie gedans het (my voete het blase gehad). Die tyd saam my vriende en vriendinne was vir my so lekker.

Planne vir na matriek

Ek het voorlopige keuring vir radiografie en my plan is om volgende jaar dit te gaan Swot in Bloemfontein.

Gunsteling woord in Afrikaans

Asemrowend

Datum van matriekafskeid

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media