Clarissa jansen van Nieuwenhuizen

H/S Wonderboom

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die sagtheid van my persoonlikheid wou ek uitbeeld in my droom matriekafskeidrok en het bestaan uit, wit kant aan die bo stuk van die rok en die onderstuk is 'n ligblou satyn met een laag wit net bo oor die satyn.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was om my unieke persoonlikheid uit te beeld en my persoonlikheid is saggeaard, sin vir humor, kalm, stylvol, en geloofwaardigheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Elke liewe deel van die rok was my gunsteling, die kleur, die vloei, die styl, dit was 'n unieke ontwerp wat perfek by my gepas het. Dit is elke meisie se droom om soos 'n prinses te voel op haar matriek afskeid en dit is presies hoe ek gevoel het. Die rok het nie net my mooi laat voel nie maar die mooi en gelukkigheid van binne het uitgestraal na buite.

Datum van matriekafskeid?

2023-08-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media