Clarinda Swanepoel

Hoërskool Generaal Hertzog

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Unieke rose gold rok met ñ slit van die linker heup af oor tot regs onder. Die rok is gemaak van pêrels en sequence. Detail het duidelik deurgekom met voue wat saam die slit afgaan en daar is twee bandjies wat oor die bors strek. My rok het een mou en word aan die ander kant vasgehou met ñ bandjie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja ek het.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het eendag deur die sosiale media platform, Pinterest geblaai en seker na 5-10 minute het daar ñ foto dadelik al my aandag gevang. Die rok was oorspronklik eers ñ sjampanje kleur , maar ons het dit rose gold gemaak , want ek is mal oor pienk. Die detail wat ingegaan het om die rok te maak is eintlik wat my aandag die meeste gevang het. Die bandjies oor die bors en skouer , die een mou , die slit en die voue wat by dit kom. Dit is gewoonlik nie my normale rokkeuse nie , maar dié rok het vir my regtig uitgestaan.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die bandjies wat oor die bors strek en die voue saam die slit is verseker my gunstelling deel van my rok. Dit het heeltemal uniek gelyk teenoor rokke wat ek al tevore gesien het. Die gevoel wat ek gehad het regdeur die dag a.g.v. die rok was ook een van my gunstelling dele. Die doel wat ek vir myself gehad het van Graad 6 af was om soos ñ prinses te voel op my matriekafskeid en dié rok het my presies so laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media