Christia Hattingh
Hoër Meisieskool La Rochelle
Tuisdorp
Paarl
Skool
Hoër Meisieskool La Rochelle
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Nevelene Moolman - Bespoke Dress Studio - Old Tannery - Wellington
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek was nog nooit die Barbie-tipe meisie nie, so pienk was nog nooit my uitstaankleur nie. Ek wou hê dit moes lyk soos ’n tatoeëermerk – sagter en natuurliker, met die frilletjies en valletjies , as ek dit so kan beskryf – maar ek wou tog steeds soos ’n prinses voel en lyk. Natuurlik is en was swart nog altyd my kleur. Ek wou steeds vroulik lyk en skitter, net nie met diamante nie – maar met pêrels. ’n Paar jaar gelede het ek ’n soortgelyke prentjie gesien en dit gestoor, en myself belowe: dít is wat ek eendag sou wou hê. Tannie Nevelene en Mamma het gehelp om daardie prentjie my droom te maak maar met my eie "twist".
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek gaan dit kort en kragtig hou: Moederliefde!! Sonder my mamma sou dit nie moontlik gewees het nie. Mamma is my insperasie en my heldin. Sy is nie gesond nie maar staan elke dag op met met 'n glimlag en skitter soos die
pêrels in my rok.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Elke oomblik van my matriekafskeid was mooi.
My aantrek-venue was La Petite Ferme Boutique Hotel – ek het gevoel soos ’n seleb, en almal het net na my toe gekom. Van my haar- en grimeerkunstenaar, fotograaf, hotelpersoneel, tot die “room service” – dit het gevoel soos ’n droom wat waar word.
My droomkar, ’n Ford Mustang, het my kom haal, en toe die groot oomblik aanbreek – die rooi tapyt! Daarna het ons die mooiste matriekafskeid-venue gehad: Dawn Mountain Estate, met die tema Japan – “Ukiyo”, wat beteken “Floating World”.
Ons het ’n photo booth gehad wat vir my baie uitgestaan het – dit het die aand nog meer besonders gemaak. En toe het ons gedans tot my voete seer was en ek uiteindelik my pragtige rooi skoene moes uittrek.
Die hele aand was ongelooflik spesiaal.
Ek moet net weer se Dankie, Mamma.
Planne vir na matriek
Volgende jaar gaan ek by CTIA se Stellenbosch-kampus studeer. Ek gaan ’n internasionale Advanced Culinary Arts and Pastry Chef-kwalifikasie doen. My droom is om reg oor die wêreld in verskillende restaurante se kombuise te werk, om soveel moontlik ervaring op te doen, en dan eendag terug te keer na Suid-Afrika om my eie restaurant oop te maak.
Ek weet dit gaan harde werk wees, maar ek skrik nie vir werk nie — my mamma het nie bang kinders grootgemaak nie. Ek glo en vertrou dat, met ons Hemelse Pappa se leiding, alles moontlik is.
Gunsteling woord in Afrikaans
Kolwyntjie
Datum van matriekafskeid
2025-10-18