Christephie Strydom
Hoërskool Dr Malan
Tuisdorp
Meyerton
Skool
Hoërskool Dr Malan
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur House of JM Designs – deur die ongelooflike Jacky Da Silva. Sy is al van ek 10 jaar oud is my ontwerper, en het oor die jare al my dans- en modelrokke gemaak. Jacky verstaan my styl soos niemand anders nie; sy het die vermoë om my persoonlikheid in elke detail vas te vang. Sy is nie net ’n ontwerper nie, maar iemand wat elke rok met haar hart maak – en dis wat haar werk so besonders en kosbaar maak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my matriekafskeidrok was om iets te dra wat nie net my styl weerspieël nie, maar ook die vrou wat ek geword het — elegant, uniek en vol selfvertroue. As ’n model wou ek hê my rok moes iets wees wat nie net uitstaan nie, maar ook my innerlike krag en sagtheid tegelyk wys. Die sjokoladebruin en goue kleure was perfek om my gelaatstrekke te komplimenteer en my natuurlike warmte en skoonheid te beklemtoon. Toe ek dit aantrek, het ek dadelik geweet dis nie net ’n rok nie — dis my rok. Dit het my laat voel soos die beste weergawe van myself; vol trots, dankbaarheid en grasie.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok beteken vir my baie meer as net iets mooi om aan te trek. Dit verteenwoordig jare se drome, groei en herinneringe — van my eerste danse tot my matriekafskeid. Omdat Jacky, wat al my rokke van kleins af maak, hierdie een ook ontwerp het, dra dit vir my ’n diep sentimentele waarde. Elke steek en detail vertel ’n deel van my storie. Wanneer ek dit aantrek, voel ek nie net mooi nie – ek voel soos myself: sterk, vroulik en vol lewe.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was beslis die dans, die heerlike ete en om al my vriende te sien – almal so ongelooflik pragtig en vol opwinding. Dit was so spesiaal om my onderwysers ook daar te hê en te besef dat vyf ongelooflike jare nou tot ’n einde kom. Maar die beste deel was toe ons uit die motor klim. My metgesel, Dirkie Rossouw, het my gedraai en gedip, en almal het gejuig! Die energie in daardie oomblik was net ongelooflik… ek sal dit nooit vergeet nie.
Planne vir na matriek
Ek is aanvaar by NWU Potchefstroom en gaan Forensiese Rekenmeesterskap studeer. Ek was so te sê in die finansiële wêreld gebore – my ouers is albei geoktrooieerde rekenmeesters, en ek het van kleins af gesien hoe passievol hulle oor hul werk is. Dit het my geïnspireer om ook ’n loopbaan te kies waar ek met syfers en oplossings kan werk. My vriendin Illinke Klopper gaan saam met my hierdie nuwe pad stap, wat ekstra spesiaal is.
Gunsteling woord in Afrikaans
Sjokolade
Datum van matriekafskeid
2025-10-16