Christely Du Plessis

Hoërskool Stellenbosch

Tuisdorp

Stellenbosch

Skool

Hoërskool Stellenbosch

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Genevieve Atelier, Stellenbosch.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou 'n baie eenvoudige rok hê, wat nogsteeds uniek en elegant is. Die idee was dat ek 'n tydlose rok het wat ek meer as een keer kan dra na verskillende geleenthede. Ek het baie lank op Pinterest gekyk vir inspirasie, maar ek het van die begin af geweet my rok moet 'n sagte skakering van geel wees. Ek het 'n foto gekry wat presies die bases van die rok was wat ek wou gehad het. En toe was dit net bietjie hier en daar van my persoonlike detail by sit.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek is verlief op hoe my rok uitgekom het. Ek kon vanaf die eerste aanpas al sien dit is my droom matriekafskeid rok. Na elke aanpas het ekt elke keer 'n groot glimlag op my gesig gehad en uitgestap met opgewondenheid vir hoe dit sou lyk as dit heeltemal klaar is. Ek voel rok komplimenteer my persoonlikheid en wys wie ek regtig is. Dit is nie net 'n rok nie. Dit is 'n simbool wat die einde van 'n hoërskool meisie en die begin van 'n jong volwasse vrou beklemtoon.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van die matriekafskeid was definitief die Casino speletjies soos Poker en Blackjack. Die dekor was uitstekend gedoen en het eerlik waar soos 'n Casino gelyk en gevoel! Ons het gevoel asof ons in 'n "Casino Royale" fliek was.

Planne vir na matriek

Ek gaan my graad in Binnehuis Ontwerp by INSCAPE in Stellensoch doen vir 3 jaar en daarna begin werk. Ek sal graag eendag oorsee wil gaan en die wêreld toer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Bollemakiesie

Datum van matriekafskeid

2025-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media