Chloé van Niekerk

Hoërskool Hopefield

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeidrok is ń wit satyn rok met helder rooi roos print en A-lyn snit . Daar is ń slit aan die linker been se kant van die rok en dit het n kruis rug wat my oop rug wys. My rok se romp bestaan uit baie voue wat ń vloeibaarheid en volheid aan die romp skep. Dit is ń afskouer rok met n vierkantige neklyn. Niemand sal dit kan sien nie, maar daar is sakke aan beide kante van die rok. Die besige patroon steek dit goed weg.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Hopefield

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het al baie matriekafskeid instap videos gekyk waar almal pragtige enkel kleur rokke dra. Ek het nêrens ń meisie gesien wat ń rok dra met verskillende kleure of prente op dit nie. Dit het vir my die inspirasie gegee om iets anders te dra as wat jy gewoonlik by ń matriekafskeid sou sien. Ek is baie lief vir kuns en die natuur, dus wou ek iets dra wat boekdele van my persoonlikheid vir ander sou wys. My rok moes vir my soos n tydskrifmodel laat voel het, iets wat ń indruk maak op ander se idees van wat aanvaarbaar is in die modewêreld. Dit moes koppe laat draai het, soos Harry Styles wat n rok gedra het vir Vogue Magazine of Taylor Swift se blom rok wat sy na die Grammy Awards toe gedra het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die helder roos print wat lyk asof dit met waterverf op my wit rok geverf is. Dit laat my rok soos n kunswerk lyk. Ek is ook mal oor die drama wat die rose in my rok skep en die volume van my rok se romp. Die rose het beslis my rok laat uitstaan!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media